Road2theCross | Faith-Based Social Network for Christians

Prioritiseer God

Spreuke 3:6
"Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelykmaak"

Ek weet nie van jou nie, maar ek het grootgeword met hierdie woorde. Ek onthou hoe jy in ons huis ingestap het en die eerste ding wat jy raaksien 'n bordjie met hierdie woorde op. Eer jare later sal ek die belangrikheid van hierdie woorde besef, en nie net die belangrikheid nie maar ook die die impak dit op mens se lewe kan he.

Salomo was 'n wyse mens en met hierdie woorde het hy regtig bedoel dat oral waar ons gaan, alles wat ons doen moet ons God ken. Mense het altyd gesê ons moet God eerste plaas, ja jy moet maar dit help nie jy bid in die oggend en dan vergeet jy die res van die dag nie, dan is dit soos om 'n lysie af te tik, "Ok, my tyd met God is done en dusted." Nee, dit is nie wat God wil het nie iemand anders het weer gese ons moet God die middelpunt maak van alles wat ons doen, en dit is hoe God met jou wil leef. Die Bybel praat daarvan dat Henog "met God gewandel het", hy het God geken in alles wat Hy doen. As jy in die oggend opstaan, ken hom, oppad werk toe vertrou dat Hy jou veilig daar gaan bring, as jy werk vertrou dat Hy jou die wysheid gaan gee om die regte besluite te maak, in jou huisgesin, met jou finansies, jou gesondheid, wanneer jy trou, of ander werk soek... Hy wil deel wees van jou besluite Hy wil he jy moet Hom raadpleeg dan sal Hy jou help om en jou paaie gelykmaak.

Spreuke 3:6 is nie net nog 'n mooi versie of 'n bordjie teen jou ma se eetkamermuur nie, of 'n lysie wat ons moet aftiek nie, dit is 'n uitnodiging om in verhouding met God te lewe.

Geskryf deur: Shepherd79 op 2026-07-19 20:52:26

Kommentaar

Geen kommentaar nog nie.

Login om kommentaar te lewer.